“Old school with a modern twist”
In 1999 open Susan Douglas haar eie skooltjie, met die naam van Kabouter Kollege. Met amper 20 jaar se kennis en toewyding, het Kabouter Kollege as gevolg van mondelinge verwysings van tevrede ouers so gegroei, dat die skool nou oor twee klassies beskik. Van Susan se oudleerders wat nou al op Universiteit is, kom besoek haar steeds en is haar ewig dankbaar vir die groot rol wat sy in hul lewens gespeel het. Dit spreek boekdele van haar persoonlike aandag en vaardighede wanneer dit kom by peuter- en kleutersorg asook opvoeding.
Kabouter Kollege spog met ‘n besonderse kurrikulum wat fokus op die basiese beginsels, maar met ‘n moderne benadering wat die leer ervaring soveel meer opwindend vir kindertjies maak.
Kabouter Kollege bestaan uit twee klasse wat opgedeel word volgens ouderdom – 2-3 jariges en dan 4-5 jariges. Elke klas het ook ‘n juffrou wat besef hoe belangrik individuele aandag in vroeë ontwikkeling is en kinders word ook blootgestel aan interaksie met ander kinders van hulle ouderdom. Boonop is elke klas toegerus met die nodige hulpmiddels om lesse meer visueel prikkelend te maak.
Klasse begin elke week met ‘n nuwe tema wat oor die volgende beskik: ‘n vorm, ‘n idioom en verskeie opvoedkundige oefeninge wat in lesse opgebreek word en aktiwiteite insluit. Lesse word volgens ‘n getoetse kurrikulum beplan en op so wyse aangebied dat dit nie net leersaam is nie, maar ook sekere vaardighede aan die kinders oordra. Op hierdie wyse word daar deur ‘kreatiewe leer’ seker gemaak dat elke kind skoolgereed sal wees om ‘n suksesvolle Graad 1 jaar te kan aanpak.
Godsdiens vorm ‘n belangrike deel van ons skool se grondslag en daarom word elke dag op ‘n gepaste wyse met ‘n Bybelstorie geopen. Hier by Kabouter Kollege blaas ons ook weer nuwe lewe in ou volksliedjies en kinderliedjies en dra so ‘n stukkie geskiedenis aan hulle oor. Ons beklemtoon ook die belangrikheid van die natuur waarin jy jouself elke dag bevind en die rol van diere daarin. Tesame met die lessies is daar ook verskeie aktwiteite waaraan kinders kan deelneem, kyk gerus na ons aktiwiteite blad om meer hiervan te leer. Elke klas eet alle etes saam en na ‘n vol dag van leer en
speel moet almal help om die klas op te ruim en weer gereed te kry vir die volgende dag – so word kinders ook blootgestel aan spanwerk en besef hulle dat opruim ook ‘n integrale deel vorm van elke dag.
Kabouter Kollege fokus op elke kind as geheel en terwyl die verkryging van kennis en aanleer van vaardighede belangrik is, is die kind se geluk en genoeg tyd om te speel net so belangrik om gelukkige kindertjies groot te maak.
Kom besoek ons gerus en laat Kabouter Kollege die bou blokkies van jou kind se toekoms wees!
